Nando’s se nuwe video, waarin hulle die spot dryf oor die berigte oor ‘n “tienling” wat ‘n paar maande gelede gebore sou wees, het gemengde gevoelens uitgelok.
Suid-Afrikaners was in rep en roer oor die beweerde tienling, maar het begin agterdogtig raak toe geen foto’s van die babas op sosiale media gedeel word nie. Die advertensie maak ‘n grap van vals nuus wat in Suid-Afrika versprei word.
“Soos jy kan sien, is Suid -Afrika bekend vir sy vals nuus, soos hierdie geval wat gebeur het op ‘n plek genaamd Ekurhuleni van ‘n paartjie wat aangekondig het dat hulle 11 babas verwag. 11 kinders! Dit is onbekostigbaar,” praat die vrou in die video.
In die video stuur almal geskenke aan die swanger ma. Die vrou sê dan verder in die video mense het agterdogtig oor die storie geraak en tot die slotsom gekom dat die storie onwaar is. Sy eindig deur vir mense te sê hulle kan wel Nando’s se goedkoop pryse bekostig.
Twitter-inskrywing van Nando’s met die video:
LEES OOK: Familie op Honingklip-plaas oorrompel en vasgebind
LEES OOK: Manenberg-katslagter slaan weer toe, R20 000 beloning
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



