KAAPSTAD. – Die Manenberg-katslagter het weer toegeslaan en dié keer was ‘n klein onskuldige gemmertjie die slagoffer.
Dit was die 43ste kat wat deurgeloop het. Die katjie se afgesnyde kop is op die deurmat van ‘n inwoner van Sherwood Park in Derde Laan gevind.
“Daar is X-strale van die kop geneem en dit is ondersoek. Die veearts het vasgestel dat die kop doelbewus afgekap is deur iemand wat moontlik ‘n instrument met ‘n skerp lem gebruik het. Ons is onseker oor waar die res van die oorskot van die kat is,” lui ‘n verklaring deur Animal Welfare Society of South Africa.
LEES HIER OOK OOR DIE MANENBERG-KATSLAGTER: 42 Katte in Manenberg gewelddadig geslag, verdagte vrygelaat
Die verklaring sê verder geen verdere inligting sal met die media gedeel word nie, tensy iets nuuswaardig rakende die saak gebeur.
Ons beloning van R20 000 is steeds beskikbaar vir enigiemand wat ons inligting kan gee wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die moordenaar(s). Skakel 021 692 2626 of 082 601 1761 as jy inligting het wat ons kan help om hierdie saak op te los.
FiND iT her vroeër berig ‘n verdagte (40) wat in verband met die gewelddadige slagting van die katte in hegtenis geneem is, is weer vrygelaat.
LEES OOK: Man vermis, bakkie by winkelsentrum gevind
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



