GAUTENG. – ‘n Man, Louis de Villiers (35), is as vermis aangemeld nadat hy vanoggend laas gesien is toe hy sy woning in Gemsboklaan, Monumentpark gisteroggend verlaat het.
Man as vermis by polisie aangemeld
De Villiers was op pad na Popular Place in Johannesburg. Sy bakkie is later, met al sy gereedskap agterop, op Brits by die Letlabeli-winkelsentrum gevind. Daar word vermoed die bakkie is soontoe toe bestuur en daar gelos.
Hy het tydens sy verdwyning ‘n T-hemp en jeans aangehad. ‘n Saak is intussen by die polisie geopen.
LEES OOK: Simone Papapavlou het pas borgtog gekry
LEES OOK: Papapavlou-vrou en minnares terug in die hof
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



