OOS-KAAP. – ‘n Laerskoolseuntjie (6) is dood nadat hy vandag deur ‘n stootskraper voor die Primêre Skool St. Joseph raakgery is.
Die polisie was op die toneel en ondersoek tans ‘n saak van strafbare manslag.
“Verdere ondersoek sal volg om vas te stel wat tot die voorval gelei het,” het Mali Mtima, woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, gesê.
By die skool raakgery
“Die burgemeester van die munisipaliteit in Raymmond Mhlaba, raadslid Bandile Ketelo, word versoek om die gesin te besoek voor die begrafnis.”
Hy sê verder die departement het die psigo-sosiale ondersteuningspan versoek om huise vandag te besoek en berading te gee aan die gesin en die betrokke leerders by die skool.
Geen verdere inligting oor die voorval is al bekend nie.
LEES OOK: ‘Here ek roep na U,’ pleit ma met babadogtertjie in waakeenheid
LEES OOK: Sasolburg – man en vrou wreed vermoor
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



