Drie verdagtes van onderskeidelik 36, 38 en 40 jaar oud verskyn na verwagting Maandag 30 Augustus in die Kemptonpark-landdroshof op aanklagte van poging tot kaping, die besit van onwettige vuurwapens en die voorgee om polisiebeamptes te wees.
Die verdagtes is Donderdagoggend om ongeveer 08:30 op die R21-hoofweg in hegtenis geneem.
Die polisie het inligting ontvang van ‘n wit Toyota Corolla op die R21 met verdagtes wat soos polisiebeamptes aangetrek is.
Die voertuig is afgetrek en deursoek en die polisie het glo ongelisensieerde vuurwapens by die verdagtes gekry.
Al drie verdagtes is in hegtenis geneem.
Lees ook: Tweede uitgawe van Bloemfontein Online Co. nou beskikbaar



