Shaleen Surtie-Richards vanaand vir ‘n laaste keer op ‘Arendsvlei’

Deel hierdie storie / Share this story

Die laaste tonele wat Shaleen Surtie-Richards geskiet het dae voor haar dood word Donderdagaand om 18:00 op kykNET & kie se gewilde televisieprogram Arendsvlei uitgesaai.

Surtie-Richards is in Junie vanjaar dood en was ten tye van haar dood in Kaapstad om episodes vir Arendsvlei te skiet.

Sy het in 2019 haar eerste verskyning op die program gemaak as Muriel Foster en verskyn die week vir die laaste keer op die program.

Surtie-Richards is op Upington gebore en het in die Kaap grootgeword. Sy is bekend vir haar rolle in films soos Fiela se kind en sepies soos Egoli.  

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Lees ook: Bloemfontein Online Co. se tweede uitgawe nou beskikbaar