WES-KAAP. – ‘n Verdagte (40) wat in verband met die gewelddadige slagting van 42 katte in die Manenberg-omgewing in hegtenis geneem is, is weer vrygelaat.
Ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê tydens ondervraging is daar gevind dat daar nie genoegsame bewyse is om die man met die misdade te verbind nie. Hy is toe weer vrygelaat.
Manenberg-katte se oorskot gevind
Intussen het die DBV twee honde van ‘n eiendom, waar hulle glo die verdagte woon, verwyder. Uit kringtelevisiemateriaal is getoon dat twee honde na bewering gebruik is om die katte te vang. Die beeldmateriaal het die DBV na die eiendom gelei. Die honde is tans in die DBV se sorg.
Die oorskot van die meeste geslagte katte is met hulle mae oopgesny op eiendomme gevind.
LEES OOK: Boer kritiek na hy brande help blus, dogter pleit vir hulp
LEES OOK: ‘Joost sou trots wees op sy sportseun,’ sê aanhangers na Amore op Instagram spog
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



