WES-KAAP. – ‘n Familie op Honingklip-plaas in die Botrivier-omgewing is na bewering deur drie mans oorrompel nadat die pa gaan kyk het hoekom die honde blaf.
Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê die familie het Dinsdagaand om 21:00 die honde hoor blaf waarna die pa uit is om ondersoek te gaan instel.
Niemand in hegtenis na aanval op Honingklip-plaas
“Net toe hy die deur oopmaak, is hy glo oorrompel deur die verdagtes en terug die huis in gedruk. Die familie is vasgebind en die huis is deursoek.”
Die verdagtes het glo te voet met ‘n paar waardevolle items van die toneel gevlug. Niemand is al in hegtenis geneem nie.
Indien jy enige inligting oor die voorval het wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagtes, kan jy die Stop Misdaad-nommer of die Caledon-polisiestasie bel.
LEES OOK: Vrou in Toyota Prado gesoek na fetus in asblik ontdek is
LEES OOK: Manenberg-katslagter slaan weer toe, R20 000 beloning
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



