PRETORIA. – ‘n Vrou word gesoek nadat ‘n fetus in ‘n asblik by ‘n winkelsentrum naby die Moloto-en-Sefako Makgatho-kruising in Kameeldrift ontdek is.
Rekord berig ‘n man op straat het ‘n vrou in ‘n Toyota Prado ‘n sak in die asblik gesien gooi. Hy het aanvanklik gedink dit is kos en wou gaan krap om te sien of hy iets kan kry.
Inligting oor vrou wat gesoek word
Toe hy in die asblik begin krap, het hy op die fetus afgekom.
‘n Dossier is geopen vir ondersoek. Enigiemand met meer inligting moet die Kameeldrift-polisie by 012 819 8200 kontak.
LEES OOK: Man vermis, bakkie by winkelsentrum gevind
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



