September 28, 2021

Daar is wel voordele vir ingeënte Discovery-lede

Alhoewel dit nog nie verpligtend is vir nuwe Discovery-lede om ingeënt te wees nie, moedig die maatskappy mense aan om hulself te laat inent.

Daar is wel voordele vir ingeënte Discovery-lede

Daar is wel voordele vir ingeënte Discovery-lede Foto: Discovery logo

Na gerugte die rondte gedoen het dat Discovery hul lewensdekking met 15% verhoog vir alle nuwe nie-ingeënte lede, het FiND iT gaan navraag doen.

Shanti Aboobaker, woordvoerder vir Discovery, het gesê nuwe kwalifiserende kliënte ontvang hul maksimum toepaslike aanwas vir die eerste jaar van hul polis, wanneer hulle die inenting ontvang teen die eerste polisherdenking. Sy sê verder die beperkte aanbod maak gebruik van die bestaande PayBack-struktuur. Kwalifiserende kliënte is diegene met die PayBack-voordeel op hul polis.

Op die groot vraag oor of nie-ingeënte lede se premies verhoog sal word, antwoord Aboobaker: “Nie-ingeënte persone word nie ander premies aangebied as dié van ingeënte persone nie. Afhangend van hul ouderdom en risikoprofiel, kan Discovery Life egter in sommige gevalle vooraf ‘n gesondheidsbelasting op die premie van die kliënt toepas om die bykomende Covid-19-risiko wat hulle verteenwoordig, te akkommodeer. Hulle kwalifiseer ook nie vir die Vaccine Max PayBack-aanbod nie.”

Wanneer dit kom by die lede wat ingeënt is, sal daar wel voordele wees. Nuwe kliënte wat ingeënt is, baat by die Max PayBack Limited-aanbod, sowel as die duidelike en bewese vermindering van die risiko vir ernstige siektes of dood as gevolg van die inenting.

Alhoewel dit nog nie verpligtend is vir nuwe Discovery-lede om ingeënt te wees nie, moedig die maatskappy mense aan om hulself te laat inent.

LEES OOK: Meisie met 11 skietwonde oorleef deur ‘dood te speel’

LEES OOK: Kyk, oomblik toe saamgroeiende tweeling mekaar vir eerste keer sien

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *