September 19, 2021

Inwoners bekommerd oor verdagte Polo Vivo wat vroue teiken

FiND iT het vroeër berig oor Carol de Kock, ‘n blinde 62-jarige vrou, wat ook Maandag deur twee mans in ‘n silwer Polo Vivo beroof is.

Inwoners bekommerd oor verdagte Polo Vivo wat vroue teiken

Inwoners bekommerd oor verdagte Polo Vivo wat vroue teiken

KIMBERLEY. – ‘n Verdagte silwer Polo Vivo wat in Kimberley rondry en glo vrouens wat huis toe stap, teiken en beroof, het baie inwoners aan die praat.

Marie Greeff, ‘n Roodepan-inwoner, sê sy het die einste motor Vrydagoggend tussen 07:30 en 08:00 in Ravenstraat in Roodepan gewaar.

“Hy het al agter ‘n meisie aangery en haar agtervolg. Die bestuurder was op die foon, maar het heeltyd met die meisie gepraat. Sy het later vir hom gesê sy wil nie in die kar inklim nie en dat hy haar moet uitlos.”

Greeff sê sy het toe nié geweet dat die kar gesoek word nie en daarom het sy nie die polisie dadelik gebel nie. “Eers toe ek inkom en op die boodskappe deur my selfoon gaan, het ek gesien die boodskap word rondgestuur om mense van die verdagte motor te waarsku.”

Kabelo Segani, van Wanya Tsotsi, sê hulle sal nie die verdagte optrede duld nie.

“Ek het vir my ouens gesê om op die uitkyk te wees vir die motor. Maar hy sal nie nou iewers gesien word nie, die kanse is dat hy in die vroeë oggendure gewaar sal word.”

Volgens Segani het die motor Woensdag ‘n vrou geteiken en is sy beroof. Die polisie is glo ook op soek na die verdagte.

FiND iT het vroeër berig oor Carol de Kock, ‘n blinde 62-jarige vrou, wat ook Maandag deur twee mans in ‘n silwer Polo Vivo beroof is. Lees die berig hier.

Indien jy die motor gewaar, kontak vir Segani by 081 264 2481.

Lees ook: Bloemfontein Online Co. se vierde uitgawe is hier

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *