September 19, 2021

Bekende oom Bushy in hospitaal ná hy heup breek

Hy is in die Gariep-hospitaal opgeneem.

Bekende oom Bushy in hospitaal ná hy sy heup breek

Bekende oom Bushy in hospitaal ná hy sy heup breek

Oom Bushy Oliver (88), bekend onder Kimberliete as die grootste Griekwa-ondersteuner, ondergaan vanmiddag 13:00 ‘n operasie ná hy Woensdag sy heup gebreek het.

Billy, oom Bushy se seun, sê hy het vermoedelik skeef getrap toe hy Woensdagmiddag in Longstraat geval het.

Hy is in die Gariep-hospitaal opgeneem.

“Die dokters is gelukkig tevrede en sê hy is baie sterk,” sê Billy. “Sy bloeddruk en sy hart lyk goed.”

Die operasie wat oom Bushy vanmiddag sal ondergaan, sal twee tot drie ure duur. FiND iT hou jou op hoogte.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *