LIMPOPO. – Vyf mense is dood en twee ander beseer in ‘n ongeluk, waarby verskeie motors betrokke was, in die Capricorn-distrik buite Polokwane.
‘n Verklaring deur die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid sê daar word berig dat ‘n Opel-bakkie ‘n ander voertuig probeer verbysteek het toe dit reg van voor met ‘n aankomende Toyota-sedan gebots het.
Vyf op slag dood
Die Opel-bakkie het daarna met ‘n Toyota Fortuner gebots. Een van die voertuie het aan die brand geraak. Vyf mense is op slag dood. Twee beseerdes is na die Pietersburg-hospitaal geneem.
Die departement sê verder onskuldige mense verloor hulle lewens as gevolg van roekelose bestuur. ‘n Beroep word weer op bestuurders gedoen om die verkeersreëls te gehoorsaam en om noodlottige ongelukke op ons paaie te vermy.
LEES OOK: Plaasaanval – boer doodgeskiet, seun gewond
LEES OOK: Ma soek na 24 jaar steeds na vermiste seun
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



