WES-KAAP. – Vyf mense is vanoggend op die R321 tussen Villiersdorp en Grabouw dood nadat ‘n bus, wat vermoedelik hoofsaaklik plaaswerkers vervoer het, en ‘n motor gebots het. Die pad was om 10:00 nog gesluit.
Pad gesluit
Ongeveer 60 mense was in die ongeluk in die rigting van die Theewaterskloofdam, in die Villiersdorp-omgewing betrokke. Verskeie ambulansdienste was op die toneel om 27 pasiënte na hospitale in die omgewing te vervoer. Vyf mense is dood en drie ander was in ‘n voertuig vasgekeer.
LEES OOK: Plaasaanval – boer doodgeskiet, seun gewond
LEES OOK: Ma soek na 24 jaar steeds na vermiste seun
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



