September 28, 2021

Gedeeltelik ontbinde fetus in bosse gevind

‘n Saak van verberging van geboorte word ondersoek.

Gedeeltelik ontbinde fetus in bosse gevind

Gedeeltelik ontbinde fetus in bosse gevind Foto: Britannica Kids

OOS-KAAP. – Die polisie in Kabegapark vra die gemeenskap se hulp om die ma van ‘n fetus, wat op Saterdag 4 September in bosse gevind is, op te spoor.

‘n Polisieverklaring lui daar word beweer dat ‘n gedeeltelik ontbinde fetus omstreeks 13:30 op die betrokke datum ongeveer vyf meter in ‘n rioolafvoerput af gevind is. Die fetus het nog ‘n naelstring aangehad.

Inligting gesoek oor fetus wat gevind is

Die drein is in ‘n bosagtige gebied agter in ‘n steengroef in Missionweg in Greenbushes. Die polisie vermoed dat die fetus moontlik ‘n seuntjie is.

‘n Saak van verberging van geboorte word ondersoek en enigiemand wat kan help om die ma van die fetus op te spoor of agterdogtig is oor enige persoon wat moontlik onlangs swanger was en nie ‘n baba het nie, kan die speurders van die Kabegapark-polisie by 041 397 6802 of Crime Stop by 08600 10111 kontak.

LEES OOK: Ma soek na 24 jaar steeds na vermiste seun

LEES OOK: Fetus en nageboorte in plastieksak in yskas glo eers dae later aangemeld

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *