Vier die naweek op Wellington doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Speurders het die hele Sondag ‘n misdaadtoneel ondersoek nadat vier mans Saterdagaand laat op Wellington doodgeskiet is.

‘n Polisieverklaring lui inligting van die toneel dui aan dat gewapende mans in swart geklee met versteekte gesigte na bewering ‘n eiendom in Mnandistraat, Newrest binnegegaan het. Hulle het glo na die agterkant van die huis gegaan en verskeie skote is afgevuur. Vier mans in hul twintigs is dood en een is ernstig beseer.

Wellington-polisie vra inligting na vier doodgeskiet is

Die polisie het sedertdien vier moord- en een poging tot moordondersoek geopen. Die slagoffers moet nog geïdentifiseer word.

Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting wat die polisie se ondersoek kan help, om die polisie by 08600 10111 te kontak.

LEES OOK: Polisiebeampte vanoggend buite werksure doodgeskiet

LEES OOK: Skoolseun van moord aangekla na messteek op terrein

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.