Skoolseun van moord aangekla na messteek op terrein

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – ‘n Graad agt-skoolseun (15) van die Sekondêre Skool Pholosho in Alexandra wat na bewering Maandag ‘n mede-leerder op die skoolterrein doodgesteek het, word van moord aangekla.

Skoolseun in hof van moord aangekla

Die leerder het gister vlugtig in die Alexandra-landdroshof verskyn. Hy sal in aanhouding by ‘n kinder-en-jeugsentrum bly. Na verwagting sal hy volgende week weer in die kinderhof verskyn.

FiND iT het vroeër berig die seun het Maandagaand saam met sy pa by die Alexandra-polisiestasie aangekom en homself aan die polisie oorgegee.

LEES OOK: Leerder gee homself oor na slagoffer op skoolterrein doodgesteek is

LEES OOK: Leerder Maandag buite klaskamer doodgesteek

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.