September 28, 2021

Grootste trikeratops-dinosourusgeraamte word opgeveil

Big John se bene is in 2014 in Suid-Dakota gevind en word as ‘n “kunswerk” beskryf.

Grootste trikeratops-dinosourusgeraamte word opgeveil (Foto: The Guardian)

Grootste trikeratops-dinosourusgeraamte word opgeveil (Foto: The Guardian)

Die geraamte van Big John, die grootste voorbeeld van ‘n trikeratops-dinosourus ter wêreld, word volgende maand in Parys opgeveil.

Daar word geraam dat dié skelet vir enigiets tussen 1,2 miljoen en 1,5 miljoen euro verkoop sal word.

Big John blyk glo die grootste oorblywende voorbeeld van dié dinosourus te wees en sy skelet alleen is byna 8 m lank.

The Guardian berig Big John se bene is in 2014 in Suid-Dakota gevind en word as ‘n “kunswerk” beskryf.

Volgens The Guardian is Big John se skelet 60% voltooi en sy skedel 75%.

Volgens kenners bly kopers entoesiasties oor dinosourusgeraamtes en is daar reeds moontlike kopers vir Big John.

Lees ook: Die derde uitgawe van Bloemfontein Online Co. is nou beskikbaar

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *