“Daar is geen bewyse dat enige sterftes aan die Covid-19-entstowwe verbind kan word nie,” het Tumi Semete, die uitvoerende hoof van die South African Health Products Regulatory Authority (Sahpra), gesê.
Die stelling is voor die parlement se Gesondheidskomitee gemaak nadat 32 sterftes ondersoek is.
Sahpra lewer kommentaar na sterftes
“Geen van die sterftes hou verband met die inenting nie. Ons het gedetailleerde assesserings oor ouderdom, komorbiditeite en alle medisyne wat hulle gebruik het, gedoen.”
Van die 32 sterftes was 30 “toevallig” terwyl daar nie genoegsame inligting oor die ander twee was nie. – SABC
LEES OOK: Fetus en nageboorte in plastieksak in yskas glo eers dae later aangemeld
LEES OOK: ‘Milané is nou by ons Vader’
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



