September 20, 2021

‘Milané is nou by ons Vader’

Sy en haar boetie baljaar in God se Koninkryk.

‘Here ek roep na U,’ pleit ma met baba in waakeenheid

‘Here ek roep na U,’ pleit ma met baba in waakeenheid Foto:Facebook

MIDDELBURG. – Milané, wat vier dae gelede ses weke oud geword het, is gisteraand oorlede nadat sy positief vir Covid-19 getoets het. Sy was sedert sy positief getoets het in die wakeenheid opgeneem.

“Dankie aan almal, Milané is by ons Vader. Sy en haar boetie baljaar in God se Koninkryk. Rus sag my prinses. Ons gaan jou mis, tot ons jou weer sien,” is die inskrywing op haar ondersteuningsgroep, Gebede vir Milané Grobler.

Milané se organe het ook ingegee

Voor haar afsterwe het haar ma, Adela Malan, op die groep gedeel dat Milané moeg is. Sy het gesê haar niere gee in en die dokter kan nie nog medikasie vir haar gee nie.

“Liewe pappa en mamma, my hart gaan uit na julle vanaand! So vreeslik jammer om te hoor van julle pragtige engeltjie. Mag ons Hemelse Vader julle styf vashou in hierdie moeilike tyd en vertroosting bied,” lui ‘n kommentaar nadat die nuus oor Milané gekend geword het.

LEES OOK: ‘Here ek roep na U,’ pleit ma met babadogtertjie in waakeenheid

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *