OOS-KAAP. – Die ontdekking van ‘n fetus en nageboorte in ‘n plastieksak wat in ‘n yskas in ‘n kliniek gevind is, is na bewering eers dae later deur ‘n senior personeellid by die polisie aangemeld.
Ondersoek duur voort na fetus en nageboorte gevind is
Sers. Kaya Matola-Mvanyashe, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die senior personeellid is glo die Vrydag in kennis gestel van die ontdekking en het eers die Maandag die polisie ingelig.
Volgens Matola-Mvanyashe sal ‘n nadoodse ondersoek gedoen word. Niemand is al in hegtenis geneem nie. Die polisie is tans besig met die ondersoek.
LEES OOK: ‘Milané is nou by ons Vader’
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



