September 28, 2021

KYK: Oulike oomblik wat olifantkalf hupstoot gegee word

“Ons weet almal dat olifante omgee en mekaar help, en die matriarg van die kudde het tot die redding gekom en seker gemaak dat niemand agterbly nie!”

Die olifantkalf se ma wou tot sy redding kom, maar toe is hy reeds 'n hupstoot gegee

Die olifantkalf se ma wou tot sy redding kom, maar toe is hy reeds 'n hupstoot gegee (Foto: The Good Things Guy)

BOTSWANA.- Kim WolHuter, die wildfilmmaker, het ‘n besonderse mooi oomblik vasgevang. ‘n Olifantkalf het gesukkel om saam met ander olifante by ‘n steilte op te loop tot hy deur die trop se matriarg met ‘n hupstootjie gehelp is.

Volgens The Good Things Guy het die trop olifante water gedrink langs die Majale-rivier in die Mashatu-wildreservaat. Die olifante het daarna teen ‘n krans uitgeklim, maar die klein olifantkalfie het bietjie gesukkel teen die steil helling op.

Kim sê: “Die Majale-rivier vloei slegs ‘n paar maande van die jaar, maar selfs nadat die oppervlakwater verdwyn het, is daar steeds water onder die sand, wat olifante dikwels sal weggrawe om by die water uit te kom. Ek het die laaste paar kilometer langs die rivier gery en gekyk wie uit hierdie gate voordeel trek. Die noordelike oewer word voortdurend met elke vloed weggesny, maar op sekere plekke het olifante dit reggekry om steil paadjies van die rivierbedding af te hou. ”

“Ek het so ‘n pad verbygesteek toe ek ‘n olifant sien wat sukkel om teen die krans op te gaan. Ek het gestop om te kyk. Ek kan my altyd verwonder aan die behendigheid van hierdie groot diere. Twee olifante het op die wal geklim en verder gegaan. Daarna het die res van die gesin onder leiding van die koei gevolg. Sy het opgegaan, maar haar kalf het agtergebly weens die steil rand. Die kalf het aanhou sukkel, terwyl die ma aanbeweeg het sonder om bewus te wees van wat aangaan. Die matriarg, wat van agter af gekom het, het die kleintjie saggies gestoot en gestoot teen die steil rand op en die olifantkalfie was weer op die pad.”

Die olifantkalf se ma wou tot sy redding kom, maar toe is hy reeds ‘n hupstoot gegee

“Sy ma het eers later besef wat gebeur het en tot sy redding gekom, maar haar kleintjie was reeds gehelp.”

“Ons weet almal dat olifante omgee en mekaar help, en die matriarg van die kudde het tot die redding gekom en seker gemaak dat niemand agterbly nie!”

Kyk hier na die video waarin die olifantkalf ‘n hupstoot gegee word:

Lees ook: Meisie aangekla oor leuens aan polisie oor ontvoering

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *