September 16, 2021

Meisie aangekla oor leuens aan polisie oor ontvoering

Sy het die polisie vertel sy het aan die ontvoerders ontkom deur by die motor uit te spring.

Die meisie se leuens wat sy aan die polisie vertel het, het nie sin gemaak nie

Die meisie se leuens wat sy aan die polisie vertel het, het nie sin gemaak nie (Foto: The Citizen)

NOORD WES. – ‘n 15-jarige meisie van Jouberton staan tereg op aanklag van meineed nadat sy vir die polisie leuens oor haar “ontvoering” vertel het.

Volgens The South African het die meisie Maandag by die polisiestasie opgedaag en haar storie vertel. Dit nadat daar reeds stemboodskappe in die gemeenskap rondgestuur was, waarop die meisie beweer het dat sy deur drie manlike Nigeriërs agter in ‘n kar ingeprop is.

Leuens aan die polisie maak nie sin nie

Sy het die polisie vertel sy het aan die ontvoerders ontkom deur by die motor uit te spring. Die polisie het snuf in die neus gekry weens haar vae besonderhede oor haar waaghalsige ontsnapping.

Lt.-genl. Sello Kwena, die provinsiale kommissaris van Noordwes, het die gemeenskap gewaarsku om nie vals sake aan te meld of vals verklarings onder eed af te lê nie, aangesien dit ‘n ernstige strafregtelike oortreding is.

Die 15-jarige, wat beweer dat sy Maandagoggend in Jouberton ontvoer is, sal volgens die bepalings van die Wet op Kindergeregtigheid geprosesseer word, ” het hy gesê.

Lees ook: Kim Kardashian kry interdik teen aanhanger wat diamant en pil stuur

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *