September 16, 2021

Stuk van prinses Diana en prins Charles se troukoek opgeveil

Stuk van prinses Diana en prins Charles se troukoek opgeveil (Foto: New York Post)

Stuk van prinses Diana en prins Charles se troukoek opgeveil (Foto: New York Post)

Dis 40 jaar oud en kan nie meer geëet word nie, maar ‘n sny van prins Charles en prinses Diana se troukoek word volgende maand opgeveil.

Dié sny koek is aan Moyra Smith, ‘n werknemer van koningin Elizabeth wat in 2002 oorlede is, gegee.

Die wit versiersuiker is met goud, rooi, blou en silwer versier met ‘n klein silwer hoefyster. Dit word beskryf as “gedeeltelik gekraak” met “effense skade” aan die skild.

Die stuk koek was glo in kleefplastiek toegedraai en in ‘n ou koekblik gebêre.

Die koek word op 11 Augustus deur ‘n Britse afslaer opgeveil en sal na verwagting sowat R10 246 haal.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *