Kim Kardashian kry interdik teen aanhanger wat diamant en pil stuur

Deel hierdie storie / Share this story

Kim Kardashian het ‘n interdik teen ‘n manlike aanhanger gekry wat vir haar ‘n diamant en ‘n morning-after-pil gestuur het.

Volgens IOL het Kim (40) die drastiese stap teen Nicholas Costanza geneem nadat hy herhaaldelik in Februarie en Mei by haar huis opgedaag het.

Constanza het aan die sekuriteitswag gesê hy is daar om vir Kim uit te neem vir ete. Die sekuriteit het die pakkie wat hy vir Kim wou gee deurgegaan. Hulle het die morning-after-pil en diamant daar binne gekry.

Costanza het ook vir Kim aanlyn geteister nadat hy ‘n vals huwelikssertifikaat van hom en Kim gemaak het.

Die interdik vereis dat die manlike aanhanger ten alle tye verder as 90 m van Kim af moet bly. Hy mag haar ook geensins meer kontak nie. Die interdik is vir vyf jaar geldig.

Dit is die tweede interdik wat Kim Kardashian teen ‘n obsessiewe aanhanger gekry het.

Lees ook: Man wou glo deur polisie doodgeskiet word

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.