VERALUM.- ‘n Vrou van hier beweer swart towerkuns is gebruik om haar te beroof. Dit nadat sy ‘n saamrygeleentheid geneem het saam met twee vreemdelinge.
Volgens Reaksie Eenheid Suid-Afrika is een van hul offisiere Donderdag deur die vrou gestop. Sy het om hulp gevra nadat sy agtergekom het haar selfoon en R1 500 is uit haar handsak weg.
Die slagoffer vertel sy het in Toddstraat afgestap nadat sy haar kinderondersteuningstoelae vir haar drie kinders getrek het. ‘n Wit motor het haar genader en twee mans het met haar geselsies aangeknoop. Toe hulle uitvind waarheen sy op pad is, het hulle vir haar ‘n saamrygeleentheid gebied. Sy het op die agtersitplek ingeklim.
Sy sê die voertuig het in die rigting van haar bestemming gery toe die passasier oorklim na die agterste sitplek en met haar begin gesels het. Sy het by ‘n stopstraat uit die motor geklim. Daarna het sy by ‘n salon ingestap en agtergekom haar selfoon, SASSA-kaart en geld is weg.
Die vrou is oortuig die goeie Samaritane het swart towerkuns gebruik om haar te hipnotiseer en te beroof. Sy kan glad nie onthou dat enigeen haar handsak by haar geneem het nie.
Die vrou het daarna na haar selfoonnommer toe gebel en ‘n man het geantwoord. Die man het gesê dit is sy nommer en die foon het daarna na stempos oorgegaan.
Lees ook: Ma slaan baba dood in opdrag van ‘gees’
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



