LIMPOPO. – ‘n Ma van hier het in die hof verskyn nadat sy glo haar 11 maande oue baba doodgeslaan het.
Volgens IOL is Mutavhatsindi Mushavhani Maandag gearresteer. Mashudu Malabi-Dzhangi, die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se Limpopo-woordvoerder, sê die ma het glo Sondag haarself en haar baba in haar huis toegesluit terwyl sy gebid het. Sy het toe glo die baba begin slaan.
Gemeeskapslede het die baba hoor skree en het die huis se deur afgebreek. Die baba is toe na ‘n plaaslike kliniek geneem, maar was dood met aankoms.
Die saak is uitgestel tot 29 Junie vir verdere ondersoek. Volgens SABC News het die polisie nie vir Mushavhani in die hof ingeneem nie as gevlog van haar gedrag.
Ma slaan baba dood – sê familie weet hoekom
Die ma het buite die hof gesit, terwyl polisielede oor haar wag gehou het. Sy het aanhoudend geskree dat die geeste vir haar gesê het sy moet haar seun doodmaak. Sy het ook gesê haar familie weet hoekom sy haar seun vermoor het en hulle moet praat daaroor.
Lees ook: Man vermoor vrou (75) tydens parool



