JOHANNESBURG. – Levy Suping Selebogo (39) is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n vrou (75) doodgeskiet het terwyl hy op parool was.
Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het gesê die slagoffer, Keitumetse Nkgothoe, is in Mei 2018 met ‘n skietwond by haar huis in Gopane gevind. Sy is na ‘n nabygeleë kliniek gehaas waar sy later dood verklaar is.
“Verdere ondersoek na die voorval het aan die lig gebring Selebogo was ten tye van die voorval op parool nadat hy 18 jaar gevangenisstraf in 2004 weens huisroof opgelê is,” het Mokgwabone gesê.
Selebogo is toe tot lewenslange tronkstraf vir moord en 20 jaar vir huisroof gevonnis.
LEES OOK: Pa en seun doodgeskiet na ‘padwoede-voorval’
LEES OOK: WSU-student (23) val na sy dood
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



