WSU-student (23) val na sy dood

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – ‘n Student aan die Walter Sisulu-universiteit het Saterdagaand van die balkon, op die Nelson Mandela Drive-kampus in Mthatha, na sy dood geval.

Yonela Tukwayo, woordvoerder van die universiteit, sê die voorval het om 21:00 Saterdagaand plaasgevind. Hy het van die balkon op die vyfde vloer geval.

Wag op polisieverslag na student na sy dood val

“Hy is deur paramedici dood verklaar en daarna ook deur ‘n mediese praktisyn van die departement van gesondheid.”

Tukwayo sê verder die voorval was na bewering slegs ‘n ongeluk en niemand anders is glo betrokke nie. Die universiteit wag nog op ‘n verslag van die polisie.

LEES OOK: Corlea Botha is nie ‘baie siek’ soos Whatsapp-boodskap beweer nie

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.