Vreedsame optog by Pretoriase skool oor ‘rassisme’

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng, besoek vanoggend Cornwall Hill College ná beweringe van rassisme wat verlede week opslae by dié spogskool gemaak het.

“Sommige ouers en leerlinge, saam met oud-leerlinge, het beweringe van rassisme gemaak en sommige het in die vorm van ‘n vreedsame optog hul ongelukkigheid oor die saak uitgespreek,” het Lesufi se kantoor gesê.

‘n “Protesprogram” is uitgewerk en een van die leerlinge het ‘n toespraak gehou, ‘n ouer het ook gepraat en Lesufi het ‘n memorandum van een van die leerlinge ontvang.

Verlede jaar het leerlinge by die skool ook die nuus gehaal oor hulle klagtes oor rassisme by die skool.

Leon Kunneke, die skoolhoof, het in Julie verlede jaar in ‘n brief aan die ouers gesê dat hy kennis neem van die aantygings van rassisme en dat daar geensins in die skool plek is daarvoor nie.

Hy het verder gesê die skool vra om verskoning aan leerlinge, ouers en personeel wat al ooit by die skool rassisme ervaar het.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.