August 4, 2021

Pa en seun doodgeskiet na ‘padwoede-voorval’

Medelye stroom intussen in op sodiale media nadat die nuus bekendgemaak is.

Pa en seun doodgeskiet na ‘padwoede-voorval’

Pa en seun doodgeskiet na ‘padwoede-voorval’ Foto: Facebook (Danie)

LIMPOPO. – ‘n Pa (52) en seun (29) is die naweek glo deur ‘n taxibestuurder by ‘n vulstasie in die Louis Trichardt-omgewing doodgeskiet na ‘n beweerde padwoede-voorval vroeër op die N1.

Die pa is as André Duvenhage en die seun as Danie geïdentifiseer. Danie is op die toneel dood en André is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Pa en seun doodgeskiet

Brig. Motlafela Mojapelo sê die skietery het plaasgevind as gevolg van ‘n voorval wat vermoedelik vroeër op die N1 vanaf Louis Trichardt na Polokwane plaasgevind het.

Daar is nie verdere inligting oor die beweerde padwoede-voorval bekend nie. Mojapelo sê verder die pa en seun het glo na die voorval die taxi na die betrokke vulstasie gevolg. “Die taxibestuurder het toe na bewering sy vuurwapen geneem en die pa en seun doodgeskiet.”

Medelye stroom in

Die vuurwapen wat tydens die voorval gebruik is, is glo gelisensieerd. Dit is vir ballistiese toetse gestuur. Die taxibestuurder het homself glo tydens die voorval raak geskiet en is onder polisiebewaking in die hospitaal.

Medelye stroom intussen in op sodiale media nadat die nuus bekendgemaak is.

“Danie Duvenhage, my vriend, ek het nie woorde nie. Dit is so onnodig en onregverdig! Jy was ‘n mens met ‘n groot hart vol liefde. Dankie vir die voetspore wat jy agterlaat, dit is so diep in ons harte getrap dat dit daar sal bly vir altyd. Rus sag my vriend. Aan die familie en vriende alle sterkte en innige meegevoel en simpatie,” lui een van die vele inskrywings op Facebook.

LEES OOK: WSU-student (23) val na sy dood

LEES OOK: Corlea Botha is nie ‘baie siek’ soos Whatsapp-boodskap beweer nie

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *