SUID-AFRIKA. – Corlea Botha, die bekende sangeres, het op haar Facebook-blad bevestig sy is nie ernstig siek as gevolg van Covid-19 soos wat die Whatsapp-boodskap, wat rondgestuur word, beweer nie.
Corlea het op 20 Mei 2021 op haar Facebook-blad met haar aanhangers gedeel sy het positief vir die virus getoets. Sy het tydens kwarantyn heeltyd haar aanhangers op hoogte gehou. Intussen het ‘n vals boodskap die rondte gedoen wat beweer Corlea het onlangs ‘n terugslag gehad.
Corlea Botha bevestig die boodskap is vals
“Sal julle vir Corlea Botha (sangeres) help bid? Sy het ook Covid en is baie siek. Sy het elke gebed dringend nodig. Sy is op dag 10, sy het beter geraak, maar is weer van vooraf siek. Groot asseblief, stuur ook dat mense vir haar kan bid,” lui die boodskap wat op sosiale media rondgestuur word.
Sy het intussen op haar blad bevestig dat die boodskap nie die waarheid is nie.
“Ek weet regtig nie wie het te veel tyd op hulle hande nie, maar hierdie is nie die waarheid nie. Ek sê ingeval dankie vir almal se gebede, maar julle hoef nie oor my te kommer nie,” skryf Corlea.
By die inskrywing het sy ook ‘n foto van haarself gesit, asook ‘n skermgreep van die vals boodskap.

LEES OOK: Boer Dean spog nog heelpad met blonde meisie aan sy sy
LEES OOK: Eerste baba te wêreld met oortollige gerimpelde vel lyk só na 27 jaar
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



