Eerste baba te wêreld met oortollige gerimpelde vel lyk só na 27 jaar

Deel hierdie storie / Share this story

AUSTRALIË. – Tomm Tennent is in 1993 in Suid-Australië gebore en is die eerste baba in die wêreld wat met oortollige vel gebore is. Op sy geboortedag het hy die hoeveelheid vel van ‘n vyfjarige seun gehad.

Sy ouers vertel aan verskeie mediaplatforms hulle was geskok toe hulle die eerste keer vir Tomm gesien het. Alle skanderings voor sy geboorte het geen abnormaliteit aangedui nie

Wetenskaplikes weet nie wat veroorsaak oortollige vel

Mediese navorsers en wetenskaplikes het nooit geweet wat Tomm se oormaat vel veroorsaak nie. Niemand kon ook vir die ouers sê hoe om dit te behandel nie. Hulle kon net hoop dat sy toestand verbeter soos wat hy ouer word.

Tomm het daarna vir twee en ‘n halwe maande in mediese sentrums deurgebring waar wetenskaplikes toetse op hom gedoen het. Hulle het nog nooit so iets gesien nie.

Tomm se ma vertel hulle as ‘n gesin en selfs Tomm moes baie negatiewe kommentaar in die gesig staar. Op skool was Tomm altyd teruggetrokke en het homself van ander mense isoleer.

Tomm is nou vol selfvertroue

Na toetse, ondersoeke en ouers wat wag op vrae het dokters iets ontdek. Tomm se hialuronsuurvlakke in sy vel was 100 keer hoër as normaal. Dokters het beweer die suurvlakke sal daal soos hy ouer word. Die familie het bly glo sy vel sal eendag weer normaal wees.

Tomm is vandag 28, getroud, het ‘n gesin van sy eie en het geen duidelike plooie aan sy vel nie. Hy is nou spontaan, vol selfvertroue en geniet dit om met mense omring te wees..

Foto: Our News

LEES OOK: Aanhangers geskok, bekende ‘onherkenbaar’ na gewigsverlie

LEES OOK: KYK: busdrywer dink vinnig en vermy botsing reg van voor

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.