Pasop: Tea Tree olie is giftig vir diere

Deel hierdie storie / Share this story

Tea tree-olie is ‘n baie bekende olie wat in huishoudings regoor die wêreld gebruik word. Die olie is antibakteries en kan gebruik word as behandeling vir velprobleme soos aknee. Dit word ook vir ander gesondheidskwessies, soos naelfungus en vele meer gebruik. Wat min mense egter weet, is dat teeboomolie baie giftig vir diere is.

Volgens Great Pet Care is teeboomolie veral gevaarlik vir diere wanneer dit nie verdun is nie. So min soos sewe druppels teeboomolie is giftig vir jou hond of kat. Die terpenoïede in die olie, wat effektief teen bakterieë en swamme veg, word vinnig deur die troeteldier se liggaam opgeneem. ‘n Hond of kat sal ook die olie van hulself af probeer lek omdat hulle nie van die reuk hou nie.

Simptome van teeboomolievergiftiging sluit in:

Swakheid
Hipotermie
Lewerversaking
Verlamming
Koma
Selfs die dood

Daar is ongelukig geen teenmiddel vir teeboomolievergiftiging nie en veeartse behandel gewoonlik die dier volgens hul simptome. ‘n Dier wat deur teeboomolie vergiftig is, ondergaan gewoonlik die volgende prossese as behandeling: velontsmetting, geïnduseerde braking, binneaarse vloeistowwe en medisyne wat die lewer help beskerm.

Produkte met min teeboomolie bevat kan wel vir diere gebruik word, maar gebruikers word gewaarsku om versigtig daarmee te wees.

Lees ook: Seuntjie sonder taxigeld is veilig by sy huis