Elliot Page het vir die eerste keer ‘n foto van homself gedeel na sy “top” operasie. Hy word deur sy aanhangers geprys oor die foto van homself, waarop hy sonder ‘n hemp is, wat hy op Instagram gedeel het. Die akteur het ‘n ruk gelede daarmee uitgekom dat hy transgender is.
Elliot Page wys bolyf
Volgens CBS News is ‘n top-operasie ‘n operasie waarby vroulike borsweefsel verwyder word en die bors word dan gevorm om soos ‘n man s’n te lyk.
Elliot Page, wat die operasie in Maart ondergaan het, het aan Oprah gesê dat hy nou meer soos homself voel. “Jy kom uit die stort en die handdoek is om jou middel. Jy kyk na jouself in die spieël en jy is net soos: ‘Daar is ek’,” het Page gesê. “Om net ‘n T-hemp aan te hê en aan my bors te kan raak en gemaklik te kan wees. Dis die eerste keer wat dit gebeur.”



Lees ook: Twee weke oue baba verlate in veld gevind(Opens in a new browser tab)



