Twee weke oue baba verlate in veld gevind

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – ’n Twee weke oue baba is Sondag verlate in ’n veld in ’n industriële gebied in Upington gevind.

LEES OOK: Liggaam in kerk se erf gevind

Kinders hoor baba huil

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê ’n groep kinders het in die veld gespeel toe hulle die baba hoor huil het.

“Die kinders het die ouderlinge in die gemeenskap ingelig, wat die polisie ontbied het.”

Die babaseun is ongedeerd gevind en na ’n nabygeleë hospitaal geneem. Die baba is tans in tydelike sorg geplaas.

Saak van kinderverwaarlosing word ondersoek

Tawana het voorgegaan om te sê die polisie ondersoek nou ’n saak van kinderverwaarlosing en versoek enigiemand met inligting oor die baba se ma om a.o. Van Zyl by 082 330 4478 te skakel.

LEES OOK: Man wat verdink word van seun se moord, uit op borg om hom te begrawe

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.