Help asb vir Luke vind – R10 000 beloning

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA.- Luke, ‘n wit Beagle, het hier verlore geraak. Sy familie bied ‘n R10 000-beloning aan vir enigiemand wat kan help om Luke te vind.

Luke is al vir ‘n geruime tyd weg, maar sy familie smeek almal om asseblief nie op te hou om na hom te soek nie. “Hy is hier iewers, ons het net een mens nodig om hom raak te sien.”

Luke is ‘n wit Beagle met ‘n bruin rug wat so ‘n bietjie swart ook in het. Die punt van sy stert het ook bruin en swart op.” Luke gaan nie meer presies dieselfde lyk nie. Hy gaan tien teen een nou maer wees, maar sy kleure gaan nog dieselfde wees.”

“Moet asseblief nie as jy ‘n Beagle sien, dink dit is nie Luke nie. Net omdat hy in Pretoria-Noord weggeraak het, beteken nie hy is steeds hier nie. Luke kan enige plek wees. Asseblief, help om vir Luke te vind.”

“As enigiemand vir Luke sien, neem ‘n foto en stuur na hierdie selfoonnommer toe. Bly asseblief by hom indien moontlik. ”

0674092315

Foto: Facebook
Foto: Facebook

Lees ook: Seuntjie sonder taxigeld net so agtergelaat