Enkellopend – hoekom is jy nog alleen?

Wanneer jy ‘n nuwe liefdesreis met iemand begin, moet jy seker maak jy het al jou vorige probleme uitsorteer.

Enkellopend - hoekom is jy nog alleen?

Enkellopend - hoekom is jy nog alleen? Foto: vertavahealth.com

Om alleen te wees, kan soms stres op jou emosionele welstand sit. Jy mag dalk wonder waarom jy nog enkellopend is. Waar lê die fout?

Moontlike redes waarom jy nog enkellopend is:

Jou selfbeeld is baie laag

Moenie in ‘n verhouding ingaan omdat jy dink dit gaan jou beter oor jouself laat voel nie. Jy moet eers jouself liefhê. Daarna sal jy besef dat jy wel goed genoeg is. As jy voortdurend vir jouself herhaal dat jy nie verdien om liefgehê te word nie, sal jy nooit die liefde kry wat jy werklik verdien nie.

Leer uit jou foute

Almal maak foute, maar die belangrikste is dat jy uit jou foute leer. Indien jy voel jy bevind jou elke keer in dieselfde tipe verhouding wat nooit uitwerk nie, neem ‘n stap terug en dink watter besluite jy in jou verhouding kan neem om dinge te verander.

Jy klou vas aan probleme in die verlede

Wanneer jy ‘n nuwe liefdesreis met iemand begin, moet jy seker maak jy het al jou vorige probleme uitsorteer. Begin nuut en begin van voor af. Om jou probleme te ignoreer en te hoop dat dit op ‘n manier sal verdwyn, werk nooit nie. Probeer dus iets daaraan doen in plaas daarvan om te wag totdat jou probleme vanself verdwyn.

Jou standaarde is onrealisties

Nie almal is perfek nie, maar die spesiale persoon moet net perfek in jou oë wees. Dit beteken nie jy moet jou standaarde verlaag nie, maar moenie iemand dwing om aan onrealistiese verwagtinge te voldoen nie.

LEES OOK: Herbruikbare laprolle as toiletpapier dalk ‘n nuwe neiging

LEES OOK: KYK: busdrywer dink vinnig en vermy botsing reg van voor

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *