SUID-AFRIKA. – Tegnologie het die bekende en eens gewilde vermaakgroep, Musica, ook ingehaal en die winkelgroep wat vroeër vanjaar aangekondig het dat hy sy deure gaan sluit, het vandag aangekondig sy winkels is almal amptelik toe.
Die winkel se gewildheid het afgeneem toe stromingsdienste soos Spotify, YouTube Music, Apple Music en Netflix gewilder geraak het.
Lees ook: Polisiesersant skiet man glo in sy motor voor winkel dood
Die winkel het daarvoor probeer vergoed deur platespelers en CD-spelers te verkoop, maar dit het nie genoeg aftrek gekry nie.
Vikesh Ramsunder, uitvoerende hoof van Clicks, eienaar van Musica, het in Januarie vanjaar aangekondig dat al die Musica-winkels teen einde Mei toegemaak sal wees.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



