’n Meisie (13) moes ’n noodoperasie ondergaan om haar blindederm, sowel as ’n gedeelte van haar derm, te verwyder nadat ’n TikTok-neiging skeefgeloop het.
Die virale video-gier is om magnetiese balletjies aan albei kante van jou tong te plaas, om die illusie te skep dat jy n tongring het.
LEES OOK: Twee weke oue baba verlate in veld gevind
Dogter word siek
Volgens Faye Elizabeth het haar dogter begin opgooi en gekla oor maagpyn.
Dokters het ontdek dat die magnetiese balletjies in die ingewande van haar dogter vassit nadat sy dit ingesluk het.
Noodoperasie
Faye se dogter is na die Alder Hey-kinderhospitaal vir ‘n noodoperasie gehaas.
Faye het aan The Mirror gesê: “Hulle moes ’n deel van haar derm wegsny en dit weer stik. Daar was ‘n balletjie in haar blindederm wat vasgehaak het, so hulle moes dit verwyder.”
In totaal het chirurge 15 magnetiese balletjies uit die organe van die jong meisie verwyder.
Die ma is nou desperaat om ander ouers oor die gevare te waarsku.
LEES OOK: Man wat verdink word van seun se moord, uit op borg om hom te begrawe



