VERULAM. – Die vyfjarige seuntjie is net so agtergelaat toe hy vir die minibusdrywer sê dat hy ongelukkig nie geld het om hom te betaal nie.
Reaksie eenheid Suid-Afrika (RUSA) is tans op soek na die seuntjie se familie, nadat bekommerde lede van die publiek hul gekontak het oor die seun wat langs die pad staan en huil. Die seun kan geen inligting gee oor waar hy woon, in watter skool hy is of sy ouers se besonderhede nie. ‘n Boek in sy tas wys hy is ‘n graad R-leerder.
Rusa soek op die oomblik nog na die kind se familie en vra dat enigiemand wat hom ken asseblief die nommer sal skakel: 086 1234 333
Lees ook: Stiefpa verkrag stiefdogter, sê daarna sy moet stort



