Het jy al gehoor van, of weet jy van iemand wat spoorloos verdwyn het? Daar is baie gevalle regoor die wêreld van mense wat net spoorloos verdwyn en nooit weer opgespoor word nie.
Onopgeloste moord
Dorothy Jane Scott het op 28 Mei 1980 in Anaheim, Kalifornië, verdwyn. Vier jaar het verbygegaan voordat gedeeltes van haar oorskot gevind is en steeds is haar moord nie opgelos nie.
Dorothy was ’n enkelma van ’n vier jarige seuntjie, Shawn, en het saam met haar tannie gewoon. In die maande voor haar verdwyning, het sy dreig oproepe van ’n onbekende man ontvang. Die man het haar na bewering agtervolg en gedreig om haar in stukkies op te kap.
Die aand van haar verdwyning het sy haar twee medewerkers na die hospitaal geneem nadat een deur ’n spinnekop gebyt is. Terwyl hulle vir medikasie gewag het, het Scott haar motor gaan haal. Haar motor het haar kollegas genader, maar dit het weggejaag. Niemand kon sien wie die motor bestuur nie, want die kopligte het hulle verblind. Hulle het haar ’n paar uur later as vermis aangemeld nadat hulle nie van haar gehoor het nie.
’n Man het in Augustus 1980 ’n plaaslike koerant gekontak en beweer het dat hy Dorothy vermoor het. Die polisie was oortuig dié man het haar vermoor. Van 1980 tot 1984 het Scott se ma, Vera, ook oproepe ontvang van ’n man wat beweer het dat hy Dorothy vermoor. Die telefoonoproepe kon nie nagespoor word nie, aangesien die man nie lank genoeg op die lyn gebly het nie. In Augustus 1984 is ’n deel van ’n oorskot gevind en geïdentifiseer as dié van Dorothy. Niemand is tot op hede vir haar moord in hegtenis geneem nie.



