Boer Dean Botma, een van die top boere in die 13de seisoen van Boer soek ‘n Vrou, spog die laaste tyd met die blonde meisie, Megan, aan sy sy.
Megan was een van die top drie meisies wat die boer saam plaas toe genooi het. Kykers was verbaas toe boer Dean haar heel eerste vra om sy plaas te verlaat. Dit is toe Dean die ander lang blondekop, Marne, kies. Alhoewel die paartjie verlief tydens die vakansie gelyk het, het hulle by die reünie met kykers gedeel hulle is net vriende.
Boer Dean deel foto’s
Die eerste foto van Dean en Marne is op 22 April gedeel en van toe af blom die liefde omtrent tussen die twee.
Dean vertel in ‘n video op Instagram hy en Megan het nog heeltyd tydens die program mekaar op sosiale media gehad. Hy vertel verder hulle het af en toe op mekaar se inskrywings gereageer. “Na die reünie het ons amptelik weer begin gesels,” vertel Dean.
Hy het intussen verhuis
Hulle vertel die hele proses het nie toegelaat dat hulle mekaar leer ken nie. Volgens hulle maak die hele proses met die kameras dit moeilik om regtig mekaar te leer ken in so kort tydjie. Dean sê verder vandat hy die briewe ontvang het, het hy geweet watter twee dames op die plaas gaan oorbly. Megan spot en sê die rede hoekom sy toe eerste huis toe gestuur is omdat sy tee op sy mat gemors het.
Sy vertel sy was wel teleurgesteld toe sy huis toe moes gaan, maar sy het besef dit is ‘n realiteitsprogram en dit is hoe die proses werk.
Dean het intussen van die plaas af George toe getrek. Megan is van Nelspruit en die twee is tans in ‘n langafstandverhouding.
LEES OOK: Eerste baba te wêreld met oortollige gerimpelde vel lyk só na 27 jaar
LEES OOK: Aanhangers geskok, bekende ‘onherkenbaar’ na gewigsverlie
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



