August 6, 2021

Gesin van 6 se lyke in huis gevind, sonder sigbare wonde

Hulle het op die lyke van ses mense, insluitend dié van ‘n seuntjie van omtrent drie jaar oud, afgekom.

Gesin van 6 se lyke in huis gevind, sonder sigbare wonde

Gesin van 6 se lyke in huis gevind, sonder sigbare wonde

VRYSTAAT. – ‘n Gesin van ses se lyke is Woensdag, sonder enige sigbare wonde, in ‘n huis op Taba Nchu gevind.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen om uit te vind wat die oorsaak van hulle dood was. Daar was geen sigbare wonde aan hul lywe nie.

Mbambo sê ‘n werker van ‘n plaaslike hardwarewinkel het agterdogtig geraak oor sy werkgewer na 10 dae steeds nie by die winkel kom aanklop het nie.

Die polisie het toe by die man se huis gaan ondersoek instel. Al die deure was gesluit, en die polisie moes toegang deur ‘n venster vind.

Hulle het op die lyke van ses mense, insluitend dié van ‘n seuntjie van omtrent drie jaar oud, afgekom. Die lyk van ‘n man in sy 40’s, twee meisies van omtrent agt en 10 jaar oud, ‘n 38-jarige vrou en ‘n seun van 11 jaar oud, is ook gevind.

‘n Nadoodse ondersoek sal vasstel wat hulle dood veroorsaak het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *