NEW YORK. – Kaylie DeShane (33) hou nou die wêreldrekord nadat sy geboorte aan ’n drieling in twee verskillende dekades gegee het.
LEES OOK: Gert van Rooyen: slagoffers nooit gevind
Vyf dae uit mekaar gebore
DeShane se eerste baba is op 28 Desember 2019 gebore terwyl die ander twee, vyf dae later, op 2 Januarie 2020 gebore is. Die ma hou tans die wêreldrekord vir die langste tyd tussen die geboorte van ’n drieling.
DeShane vertel sy en dokters het eers gedink die babas gaan nie oorleef nie omdat hulle op 22 weke gebore is, maar die drie is nou spekvet en gesond.
Vrees
“Na die geboorte van Cian het dokters sy broer en suster doelbewus so lank as moontlik in my maag gehou, omdat hulle gevrees het dat die voortydige geboorte dodelike komplikasies kan veroorsaak. Gelukkig is Cian, Rowan en Declan nou gesonde en gelukkige engeltjies van 17 maande oud,” het sy aan iHeartintelligence gesê.
DeShane en haar man, Brandon (35) het vir vier jaar gesukkel om swanger te raak toe hulle besluit het om IVF te probeer. Die paartjie het reeds Brandon se dogter van ’n vorige verhouding en ’n aangenome seun grootgemaak, maar wou graag vir hulle ’n boetie of ’n sussie gee.
Dokters raai aborsie aan
Dokters het tydens DeShane se swangerskap haar aangeraai om die identiese tweeling te aborteer om die enkel baba beter kans op oorlewing te gee. DeShane en haar man het geweier en het met die swangerskap voortgegaan.

LEES OOK: FOTO’S: Ariana Grande hak die knoop deur
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



