Gert van Rooyen: slagoffers nooit gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Na meer as 30 jaar is daar steeds vrae oor die Gert van Rooyen-moorde wat nog nie beantwoord is nie. Die grootste vraag van almal – waar is die oorskot van sy slagoffers? Van Rooyen het egter die geheim saam met hom graf toe geneem toe hy eers sy vriendin se lewe en toe sy eie in 1990 geneem het.

Cornelius Gerhardus van Rooyen (Gert van Rooyen) was ’n vermeende Suid-Afrikaanse pedofiel, verkragter en reeksmoordenaar. Hy en sy vriendin, Francina Johanna (Joey) Hermina Haarhoff, het minstens ses jong meisies tussen 1988 en 1989 ontvoer en vermoor. Die meisies se oorskot is nooit gevind nie.

LEES OOK: Meisie (13) ondergaan noodoperasie na TikTok-neiging

Ontmoeting

Van Rooyen het Haarhoff in 1988 ontmoet. Albei was in daardie stadium geskei en die paartjie het saam in die Weskus in KwaZulu-Natal gaan vakansie hou.

Na bewering het die paartjie (Haarhof het glo die belwerk gedoen) verskeie kinderhuise gebel en aangebied om kinders vir naweke en vakansies in te neem en te huisves. Hulle het ook glo aansoek gedoen om kinders aan te neem, maar die aansoek is van die hand gewys.

Eerste meisie verdwyn

Tracy-Leë Scott-Crossley (14) van Randburg het op 1 Augustus 1988 verdwyn nadat sy by die Cresta-winkelsentrum in ’n VW Beetle geklim het. Haar broer was daardie dag saam met haar, maar het geweier om in die motor te klim.

Tweede meisie verdwyn

Fiona Harvey (12) van Pietermaritzburg het op 22 Desember 1988 verdwyn nadat sy glo ontvoer is. ’n Wit Ford Bantam-bakkie is met die ontvoering verbind. Die bakkie het ’n advertensie van Van Rooyen se besigheid op gehad en hy is later so met die misdaad verbind.

Derde meisie verdwyn

Joan Horn (12) van Pretoria het op 7 Junie 1989 verdwyn. Daar is nie veel meer inligting rondom haar verdwyning nie.

Vierde meisie verdwyn

Janet Delport (16) van Durban het in Julie 1989 verdwyn nadat ’n blonde vrou haar glo ontvoer het. Sy is nie lank daarna ongedeerd gevind. Sy was glo in ’n geskokte toestand.

Vyfde meisie verdwyn

Rosa Piel (9) van Alberton het ’n paar weke later, ook in 1989, verdwyn. Daar is ook nie veel inligting oor haar verdwyning beskikbaar nie.

Sesde en sewende meisies verdwyn

Odette Boucher (11) en Anne-Mari Wapenaar (12) van Kemptonpark is glo saam op 22 September 1989 ontvoer. Die twee het, glo onder dwang, vir hulle ma’s briewe geskryf om te sê hulle het saam met ’n paar seuns na Durban weggeloop. Die briewe het ’n week uit mekaar by die verskeie ouers gearriveer, alhoewel albei briewe op 23 September 1989 gepos is.

Agste meisie verdwyn

Yolanda Wessels (13), Van Rooyen se vriendin, Haarhoff se niggie, verdwyn op 3 November 1989. Weereens is nie veel inligting oor haar verdwyning bekend gemaak nie.

Negende meisie verdwyn, maar ontsnap

Joan Booysen (16) word glo deur Haarhof op 11 Januarie 1990 vanaf Kerkplein ontvoer. Sy word glo na Van Rooyen se huis in Malherbestraat in Capital Park geneem, waar sy geboei, bedwelm en verkrag is. Van Rooyen het haar glo daarna in ’n kas toegesluit, maar sy het dit reggekry om te ontsnap om die insident by die polisie te rapporteer.

Huis onder polisiebewaking

Die huis word toe vir observasie onder polisiebewaking geplaas en die polisie kon dit regkry om vier dae later vir Van Rooyen te identifiseer. Hy is glo in sy wit Ford-bakkie gesien, wat later met die ontvoering van Fiona Harvey verbind is.

Moord-selfdood om inhegtenisneming te voorkom?

Op 15 Januarie 1990 skiet Van Rooyen vir Haarhof met ’n .22-rewolwer en homself met ’n 0,357-rewolwer. Daar is bespiegel die paartjie het dit saam besluit om die swaar straf van hulle dade te ontduik.

Bewyse verbind die waarheid

Al die bogenoemde ontvoerings, met die uitsondering van Rosa Piel, is later deur getuies of forensiese bewyse met Van Rooyen en Haarhoff verbind.

LEES OOK: Vrou lotto gewen nadat winkeleienaar kaartjie teruggee