Die lewe van ‘n Instagram-influencer mag dalk maklik lyk, maar dit behels veel meer as unieke onderskrifte uitdink en foto’s redigeer. Hier volg ‘n paar wenke oor hoe jy jou profiel kan gereed kry…
Gebruik ‘n persoonlike profielfoto eerder as ‘n logo:
Jou profielfoto op Instagram is wat sosialemediagebruikers eerste sien voordat hulle by jou profiel ingaan of jou inskrywings sien. Gebruikers wil weet wie is die persoon agter die profiel. Deur ‘n foto van jouself te plaas, kan mense hulleself met jou assosieer.
Onthou die volgelinge is daar vir jou:
Sosialemediagebruikers volg jou profiel om meer van jou te sien. Alhoewel baie mense gevolg word oor iets waarin hulle uitstaan, soos hulle fotografie, wil jou volgelinge jou steeds leer ken.
Hou jou bio interessant:
Jou bio moet mense vertel oor wie jy is. Wanneer nuwe volgelinge jou bio lees, moet hulle ‘n idee kan kry van die tipe inhoud wat hulle kan verwag.
Vind jou styl en tipe volgelinge:
Wanneer jy jou styl kies, moet jy iets kies waaroor jy passievol voel. Wanneer jy inhoud plaas waarvan jy hou, sal jy altyd gemotiveerd wees om die beste inhoud aan jou volgelinge te verskaf. Wanneer jy jou styl weet, sal jy weet watter groep mense jy teiken. Die inhoud wat jy dan plaas, sal jou teikengroep tevrede stel.
Kommunikeer met jou volgelinge:
Jy moet ‘n verhouding met jou volgelinge bou. Geen verhouding kan net van een kant af gebou word nie. Sit ‘n spesifieke tyd opsy om deur kommentaar in boodskappe te gaan sodat jy vir elkeen kan antwoord.
Beplan vooruit en bly aktief:
Om ‘n influencer te wees, is nie maklik nie. Beplan vooruit wanneer jy wat gaan plaas. Jy kan nie vir te lang periodes niks op jou Instagram plaas nie.
Werk saam met handelsmerke:
Die hoofdoel van ‘n influencer is om genoeg volgelinge op te bou sodat handelsmerke jou kan nader. Wanneer handelsmerke jou nader, gebruik hulle jou om hulle produk/diens te “adverteer”. Al wanneer handelsmerke jou gaan nader, is wanneer jou aantal volgelinge baie is en daar ‘n interaksie tussen jou en jou aanhangers is. In die begin kan jy self ook handelsmerke kontak en jou blad aan hulle bekendstel.
LEES OOK: Eerste baba te wêreld met oortollige gerimpelde vel lyk só na 27 jaar
LEES OOK: KYK: busdrywer dink vinnig en vermy botsing reg van voor
As jy belangstel om by FiND iT in Juniemaand te adverteer, sluit hier aan by die Whatsapp-groep en ons stuur vir jou ons kostes.
Wil jy ‘n mark van 800 000 lesers regoor Suid-Afrika bereik met ‘n aktiewe webtuiste van 3.5 miljoen SONDER ‘n “paywall”.
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



