Kabelkarongeluk in Italië lei tot drie se arrestasie

Deel hierdie storie / Share this story

ITALIË. – Drie mense is gearresteer na ‘n ongeluk waartydens ‘n kabelkar teen die kant van ‘n berg te pletter geval het. Veertien mense is in die ongeluk oorlede en ‘n vyfjarige seuntjie is al oorlewende.

Volgens IOL het die ondersoekbeamptes bevestig dat die kabelkar se noodremme buite werking was, iets waarvan die drie lede van die onderneming vir weke lank geweet het. Hulle is geïdentifiseer as die eienaar van die kabelkaronderneming, die maatskappy se direkteur en die dienshoof.

Die voorval het Sondag plaasgevind toe die groep mense op die kabelkar ry vanaf ‘n dorpie genaamd Stresa na berg Mottarone. Eitan Biran, die enigste oorlewende van die ongeluk, is in die hospitaal. Dokters sê hy is besig om uit sedasie wakker te word en sy tannie is by hom. Die vyfjarige het sy grootouers, ouers en sy tweejarige boetie in die ongeluk verloor.

Lees ook: Kultuur: vrouens word met sweep geslaan om diepte van liefde te toon