Voortrekkers en ROCKET HEMS doen nooddiens-graadwielopdrag

Deel hierdie storie / Share this story

Die Voortrekkers beplan om dié naweek, saam mey ROCKET HEMS en ER24, hulle graadwielopdrag prakties te voltooi.

FiND iT gesels ‘n bietjie met Jaco van Wyk, spanoffisier van die Impala-span, oor wat die naweek se program behels.

Die opdrag wat die Verkenners (gr. 8 tot gr. 11) aanpak, is nooddiens.

“‘n Naam gaan uit ‘n hoed getrek word en Verkenners gaan die geleentheid gegun word om saam met ER24 tot by die lughawe te ry, asof hy ‘n pasiënt is, en dan na MediClinic gevlieg word.”

ER24 en ROCKET HEMS gaan ook inligtingsessies aanbied om die Verkenners van die nodige kennis van nooddienste te verskaf.

Van Wyk vertel die leerlinge sal dan ‘n opstel van 150 woorde moet ingee wat die kennis wat hulle by dié praktiese oefening opgedoen het, te wys.

“Ag, die kinders leer genoeg by die skool. Ek wil nie hê hulle moet vir dié graadwielopdragte weer agter die boeke sit nie. Ek is iemand wat hulle eerder sal laat slange vang, eerder as wat ek hulle vertel hoe om slange te vang.”

FiND iT sal Saterdag by die spesiale byeenkoms wees.