KWAZULU-NATAL. – ‘n Man is die naweek dood nadat die tenk waarin hy by ‘n skoonmaakdiens in Cliffdale was, ontplof het.
Nog ‘n man is tydens die voorval beseer. Hy het die slagoffer in die tenk probeer probeer red, maar die koolstofmonoksied het hom verhoed.
Ander een beseer toe tenk ontplof
ER24-paramedici het om 10:15 saam met die brandweer op die toneel opgedaag. Daar is bevind dat die 40-jarige man matige tot ernstige beserings opgedoen het. Hy is behandel en na ‘n private hospitaal in Hillcrest vervoer.
Die brandweer het die slagoffer uit die tenk verwyder. Die Suid-Afrikaanse polisiediens was ook op die toneel vir verdere ondersoeke.
LEES OOK: Corlea Botha is nie ‘baie siek’ soos Whatsapp-boodskap beweer nie
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



